Editor's choiceNewsSchools

Roodies samel geld in vir kinders met kanker

Opbrengs van verkope aan Cupcakes of Hope oorhandig

 

Laerskool Roodekrans het onlangs ‘n Loslit- en Markdag gehou, en een leerder het die geleentheid aangegryp om bewustheid vir ‘n goeie saak te skep.

McKayla Steyn het ‘n projek in samewerking met die skool se leiers geïnisieer om geld in te samel vir kinders met kanker. Aangesien September bewustheidsmaand is vir kinders met kanker en omdat die skool se Markdag in dieselfde maand gehou is, het sy dit goedgedink om kolwyntjies te verkoop.

McKayla Steyn, Deon Rousseau (skoolhoof), Ellen en Jurie van Eeden (Cupcakes of Hope vrywilligers) tydens die oorhandiging van die opbrengs van die verkope. Foto: Verskaf.

Die ouers het saamgewerk en toe Markdag aanbreek was daar 220 heerlike, pragtig versierde kolwyntjies gereed om verkoop te word. Volgens Elna Steyn, McKayla se ma, het die kinders en onderwysers hulle baie goed ondersteun, en die kolwyntjies is binne twee uur uitverkoop.

Die opbrengs (R2 200) is op Maandag, 17 September, aan Jurie en Ellen van Eeden, twee vrywilligers van Cupcakes of Hope oorhandig.

Dié vereniging het al meer as 1 200 kankerpasiënte bygestaan met die betaling van hul mediese uitgawes, of ander daaglikse behoeftes soos kos, doeke en vervoergeld, asook hospitaalbesoeke. Hulle was baie dankbaar vir die bydrae hulle van die leerders ontvang het..

29 September is nasionale ‘Cupcake’ dag om geld in te samel sal kolwyntjies by winkelsentrums regoor die land verkoop word. Vir meer inligting, besoek https://cupcakesofhope.org/2018/06/25/2018-national-cupcake-day-malls-announced/.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button