Local sportSport

Florries se hokkiespelers is tops

Hulle wen die liga

 

Die afrigters van Laerskool Florida se junior- en seniorseunshokkiespanne, Euné Kerwan en Matt Snyman, is baie trots op hul spelers.

Euné Kerwan (afrigter), Jay-Linn Jacobs, Trityne Parsons en Matt Snyman (afrigter). Foto: Adéle Bloem.

Dié twee spanne het baie goed gevaar tydens die hokkieliga en is as die ligawenners aangewys.

Hulle het baie goed gespeel en die volgende uitslae behaal:

• Wen teen Laerskool Helderkruin (5–0)

• Wen teen Laerskool Gustav Preller (8–0)

• Speel gelykop teen Laerskool Dr Havinga (3–3)

• Wen teen Laerskool Roodekrans (4–0)

“Ons is baie trots op hierdie spelers wat ons skool se naam so hoog gehou het,” het die afrigters gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button