Editor's choiceLocal newsNews

Begin van lente in styl gevier

Die inwoners van Klein Helderkruin Aftree-oord het onlangs die begin van die lente met 'n groot makietie tydens hul jaarlikse Lentefees gevier.

 

Die tema vir die dag was ‘n 50’s maskerbal en die inwoners het almal met hul maskers, wye rompe en tekkies by die saal opgedaag.

Pieter en Molly Janse van Vuuren was die borge van die Lentefees. Foto’s: Adéle Bloem.

Daar kon hulle eers ‘n foto by die wit Cadillac neem voordat hulle die pragtig versierde saal binne gegaan het.

Die gaste het heerlik gesmul aan die viergangmaaltyd, en kon verskeie pryse wen met ‘n danskompetisie. Daar was ook pryse vir die inwoner wat die beste volgens die tema aangetrek was, asook vele gelukstrekkings.

Syja le Roux het die dag se aktiwiteite geniet.

Pieter en Molly van Vuuren van Truck Trust het gesorg vir die heerlike eetgoed, versierings vir die saal, die fotosessie by die Cadillac en al die pryse. Annette Malan, die voorsitter van die Fun Club Crew het gesê, “Ons wil graag vir Pieter en Molly, asook die Roodepoort Care of the Aged, bedank vir al die hulp en ondersteuning waarsonder hierdie dag nie so ‘n groot sukses sou kon wees nie. Dankie ook aan elkeen wat kaartjies verkoop het sodat ons kon geld insamel om ‘n bussie vir die oord aan te skaf.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button