Bastion se jukskeispelers is tops
o.19A-seunspan wen Gauteng-kampioenskappe
Hoërskool Bastion se jukskeispanne het baie goed presteer.
Hoërskool Bastion se o.19A-seunsjukskeispan het aan die afgelope Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en as wenners uit die stryd getree. Hulle het ook ‘n tweede plek in die Hoërskoleliga behaal en vir deelname aan die Noordvaal-kampioenskappe gekwalifiseer.
Ander liga-uitslae was as volg:
• Seuns o.19B-span – vierde plek
• Seuns o.16A-span – tweede plek
• Dogters o.19A-span – derde plek
• Dogters o.19B-span – tweede plek
Wion Horn, Devan van der Velde, Dylan Erasmus, Michael Lombard, Dilan Bouwer, Henru van den Berg, Cameron Taylor, Nicky Zevenster, Ivan Prinsloo, Wesley Gericke, Bairon Smuts, Matuschka de Jager, Monique du Plessis en Thelma Ngake is na die provinsiale proewe genooi en Ela Grobler, die jukskei-afrigter is as keurder vir Gauteng-Wes verkies.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



