Bastion se netbalspelers dring deur na Gauteng Kampioenskappe
'Ons is baie trots op hulle'
Hoërskool Bastion se senior Fast 5-netbalspan het na die Gauteng Kampioenskappe deurgedring wat vandag, 8 September by Hoërskool E G Jansen plaasvind.
Die span het vir die kampioenskappe gekwalifiseer nadat hulle vir Hoërskool Linden met 22–19 in die finaal geklop het. Hulle het ook vir Hoërskool Florida met 27–14 kafgedraf.

“Ons is baie trots op hierdie spelers, en wens hulle alle sterkte toe met die kampioenskappe,” het Elmari van der Vyfer, die afrigter gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



