Editor's choiceLocal sportSport

Wêreldkampioenskappe wink vir vêrgooier

Francois is een van sewe lede wat in die span opgeneem is

 

Francois Pienaar is gereed om aan sy vierde wêreldkampioenskappe aanstaande jaar in Suid-Afrika deel te neem.

Hy en ses ander vêrgooiers is na afloop van die Suid Afrikaanse kampioenskappe en twee addisionele proefrondtes tot die Suid-Afrikaanse span verkies.

“Net drie van ons – ek, Johann Beukes en Bossie van Rensburg – het reeds by die SA’s gekwalifiseer, terwyl die ander vier die kans gehad het om die afstand van 840 meter tydens die twee addisionele rondtes te bereik,” het Francois gesê.

Die volle span bestaan uit:

• Francois Pienaar

• Johann Beukes

• Bossie van Rensburg

• Janus Putter

• Hennie Souer

• Deon van der Merwe

• Stefan Putter

Die kampioenskappe sal in Februarie aanstaande jaar in Bronkhorstspruit plaasvind, en sal volgens Francois die eerste keer wees dat Suid-Afrika dié kampioenskappe aanbied. “Die kampioenskappe sal oor ‘n tydperk van vier dae plaasvind waartydens elke deelnemer vyf gooie per dag sal kry. Ek dink dat dit jou nogal geestelik tap, want jy sien elke dag hoe ver elke deelnemer gooi. Jy moet die heeltyd gereed wees om beter te kan doen as die vorige ou,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy nie aan die tuisveldvoordeel glo nie omdat daar baie meer druk op jou is om goed te vaar. “Omdat die kampioenskappe in Suid-Afrika plaasvind, gee dit al jou vriende en familie die geleentheid om daar te wees en jou te ondersteun. Alle oë is op jou, en jy sal moet beter doen as wat jy nog ooit gedoen het. Die enigste voordeel wat ek kan sien, is dat ons dalk die omstandighede beter ken,” het hy verduidelik.

Alhoewel Francois alreeds sewe keer as Suid-Afrikaanse kampioen gekroon is, kon hy nog nie die titel van wêreldkampioen agter sy naam skryf nie. “My beste prestasie wat ek nóg behaal het by ‘n wêreldkampioenskap, was toe ek ‘n tweede plek in Engeland behaal het. Ek het ook daar ‘n Suid-Afrikaanse rekord verbeter. My doel vir die komende kampioenskappe is om dié prestasie te verbeter,” het hy gesê.

Enigeen wat meer oor die sport te wete wil kom, of dalk kan help met bydraes vir die nasionale spanlede, kan vir Francois skakel by 072 815 1103.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button