
Ek hou daarvan om jou stories in Roodepoort Record te lees.
Ek weet die lewe is so erg soos wat mens dit maak. ‘n Mens het ‘n keuse om gelukkig te wees, of mens het ‘n keuse om ongelukkig te wees, maar mense het so lelik geraak. Mense gee nie meer vir mekaar om nie en staan nie meer saam nie. Mense sal mekaar eerder slegsê, seermaak en afbreek. Wat eet die mense dat hulle so aggressief en ongeskik geraak het? Ons moet dit van die mark afhaal.
My seun ry bus in die middae. Vandag, toe my seun by die huis kom, vertel hy my hoe van die ander seuns gevloek en tekere gegaan het en met hom skoor gesoek het. Die busbestuurder het opgestaan en die seuns stilgemaak en hulle gewaarsku dat hy hulle sal laat af klim as hulle weer so praat.
My seun het die bestuurder gevra wat die een seun gesê het en hy het hom vertel dat, “Daai seuns jou ma gevloek het”. My seun het toe net niks gesê nie.
Ek leer my kinders om weg te stap van sulke situasies en probeer hulle leer dat sulke goed nie die moeite werd is nie.
Ons sal seker nooit die ras-ding uitgesorteer kry nie. Maar hoekom kan mense nie net mekaar se kultuur respekteer en aangaan nie?
Respek begin by die huis en by jouself. As dit my seun was wat hom gevloek het, was daar ‘n groot storie. Hy is dalk selfs aangerand of gesteek!
Ons moet maar daarmee saamlewe, maar hoe bly mens positief?
More gebeur dit weer en mens kan net soveel hanteer … tot op ‘n punt waar mens self aggressief en lelik raak.
Die manier hoe mense raak is skrikwekkend.



