‘n Rekordgetal Kruiners in die Sentraal-Wes-span opgeneem
21 spelers gaan Sentraal-Wes verteenwoordig
Laerskool Helderkruin spog met ‘n rekordgetal rugbyspelers wat in vanjaar se Sentraal-Wes-rugbyspanne opgeneem is.
Die span bestaan uit verskeie skole se spelers wat, na afloop van proewe, verkies word. Hierdie span verteenwoordig dan die Sentraal-Wes-streek, wat dan aan verdere wedstryde deelneem vir die geleentheid om in die Goue Leeusspan se Red Squad opgeneem te word.
Spelers word uit verskeie ouderdomsgroepe gekies, wat o.11, o.12 en o.13-Sewes insluit.
Die seuns wat in die verskeie spanne opgeneem is, is:
• Jaco Henning (o.11)
• Corne Swanepoel (o.11)
• Rickus Stander (o.11)
• Kyle Swanepoel (o.11)
• Dylan van der Merwe (o.11)
• John-Hicks Venter (o.11)
• Kruanou Holtshauzen (o.11)
• Jandré Botha (o.11)
• Tiaan Goosen (o.12)
• Werner Durrheim (o.12)
• Vaughan la Grange (o.12)
• Jamaal Veldsman (o.12)
• Jozua Meyer (o.12)
• Damian Bruce (o.12)
• Jarred Coetzee (o.12)
• Romano Potgieter (o.12)
• Matt Branco (o.12)
• Juandré Labuschagne (o.13-Sewes)
• Charl Whitehead (o.13-Sewes)
• Justin Beukes (o.13-Sewes)
• Ruan Nel (o.13-Sewes)
In die afgelope vyf jaar, het Laerskool Helderkruin reeds 73 Sentraal-Wes-spelers opgelewer. Drie onderwysers – Eddie du Plessis (o.11 en o.12), Raynard Snyman (o.13-sewes) en Koos Kruger (o.13-sewes) – is ook as afrigters by van hierdie spanne betrokke.
“Hierdie prestasies kan aan die afrigters se harde werk en opoffering toegeskryf word., en daarvoor wil ons hulle bedank. Vir elke speler (en afrigter) wat by die verskeie wedstryde betrokke is, wil ons sterkte toewens en sê, werk hard, oefen hard en speel hard. Ons is trots op julle,” het Riaan van der Watt, Adjunk-hoof van die skool, gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



