KYK HIER: VEK Wilropark-vlooimark weereens ‘n groot sukses
Besoekers het die dag terdeë geniet
Die terrein van die Volle Evangelie Kerk (VEK) in Wilropark was gevul met die heerlike geure van boerworsrolle en pannekoek tydens hul kwartaallikse vlooimark.
Johan Engelbrecht van die VEK het gesê, “Ons hou elke drie maande ‘n vlooimark en dan ook eenmaal ‘n jaar ‘n groot potjiekoskompetisie, wat deel van ons fondsinsamelingsprojekte is. Saam met die fondsinsameling probeer ons ook om meer van ons plaaslike kunstenaars die geleentheid te gee om op te tree, wat ook tot hulle voordeel is.”

Die vermaak by die vlooimark is deur Matt Young verskaf en besoekers het sy sang en kitaarspel terdeë geniet. Daar was ook ‘n groot verskeidenheid stalletjies met heerlike pannekoek, worsrolle en nog vele meer waaraan die markgangers kon smul terwyl hulle deur die verskillende produkte gesnuffel het.
Daar was ongeveer 22 stalletjies, waarvan die meerderheid deur die gemeenskap beman is. “Ek glo vandag was baie suksesvol, soos wat ons vlooimarkte gewoonlik is. Ons glo dat al maak jy ook net R100 vir die dag, is dit R100 wat jy nie voorheen gehad het nie.
“Hierdie jaar se potjiekoskompetisie sal op 25 Oktober plaasvind, en ons beplan heelwat pret vir dié dag,” het Johan afgesluit.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



