Editor's choiceSchool sportSport

Florries se Caitlin skiet in die kol in Duitsland

Eerste kompetisie in haar Junior Protea-kleure

 

Caitlin Oelofse, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Florida, het aan die International Shooting Sport Federation (ISSF) Wêreldbeker-kampioenskappe deelgeneem wat in Duitsland plaasgevind het.

Sy het vir die eerste keer in haar Junior Proteakleure meegeding en het in die kategorieë vir 10m Air Rifle Women Junior asook 10m Air Rifle Mixed Team Junior deelgeneem.

Volgens die ISSF het 761 skuts in die afdelings vir Rifle, Pistol en Shotgun vanjaar met mekaar meegeding, en verteenwoordigers van 61 nasionale Olimpiese Komitees van regoor die wêreld was verteenwoordig.

“Dit was ‘n ongelooflike eer en voorreg om Suid-Afrika te verteenwoordig. Dit was ook ‘n fantastiese leerproses. Dit is beslis ‘n ondervinding wat ek nie gou sal vergeet nie,” het Caitlin gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button