Brons vir Wes-Rand stoeier by SA-kampioenskappe
‘Al die harde oefening en opoffering was die moeite werd’
Leon van Biljon, ‘n junior stoeier by die Wes-Rand Stoeigimnasium, het uitstekend gevaar tydens die afgelope Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Die kampioenskappe het in Newcastle plaasgevind. Leon het in die 74kg Vrystylkategorie deelgeneem en ‘n bronsmedalje verower. Hy was Wes-Rand Stoeigimnasium se enigste verteenwoordiger by die kampioenskappe.

Dit was Leon se eerste SA’s, en hy het vier aande ‘n week geoefen om te verseker dat hy voorbereid was. Hy glo dat al die opofferinge die moeite werd was.
Juan Nel, die hoofafrigter by die klub, het gesê dat hy baie trots is op Leon se prestasie. “Dit is soos die spreekwoord sê, ‘Hard work always pays off’. Leon het baie hard gewerk en hy het die vrugte daarvan gepluk.
Enige medalje, ongeag die kleur, is ‘n goeie prestasie op SA-vlak,” het Juan gesê.
Leon het afgesluit deur te sê, “Sonder my afrigter en ouers se ondersteuning sou ek nie hierdie prestasie kon behaal nie. Ek weet almal is baie trots op dit wat ek bereik het, maar volgende jaar vat ek die goud!”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



