
Baie dankie vir die huldeblyk vir Pietertjie op die voorblad van die Roodepoort Record van 15 Junie.
Wonderlik hoe iemand wat so min gevra het, so baie gehad het om te gee. Ek onthou dat ek op die Maandag van sy dood by Pick n Pay gekom het en gewonder het waar hy was – min wetende dat sy plek nou vir goed leeg sal wees.
Hy het altyd ‘n nusie gehad om oor te dra. My man het dikwels as hy tuisgekom het, vertel van iets wat gebeur het wat hy by Pieter gehoor het.
Rus sag, Vriend. Waar jy nou is hoef jy jou nie te bekommer oor karre en skelms, die warm son of die koue wind nie. Maar weet, jou plekkie is leeg en jy word gemis.
En ek is jammer oor die kere wat ek vergeet het om vir jou ‘n eetdingetjie uit die winkel te bring.



