Roodies spog met bobaas netbalspelers
o.13A-span kwalifiseer vir Nasionale Skolekampioenkappe
Laerskool Roodekrans se netbalspanne het hul seisoen op ‘n hoë noot afgesluit en baie goeie prestasies behaal.
Die o.13A-span het aan die afgelope Gauteng-kampioenskappe by Krugersdorp High School deelgeneem. Hulle het ‘n vyfde plek behaal en sodoende vir deelname aan die Nasionale Skolekampioenskappe in Bloemfontein gekwalifiseer
Die o.12A-span het ook aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem en ‘n sesde plek behaal.
Die o.11A-, o.12A- en o.13A-span is as wenners van die Jomo-liga aangewys, en die o.10A-span het tweede
geëindig.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



