Immergroen Senior Klub hou jaarlikse ouma- en oupadag
Die Immergroen Senior Klub het die afgelope Vrydag (4 Mei) hulle jaarlikse ouma- en oupadag in die Discovery Ontspanningsaal gehou.
Die klub bestaan uit ‘n aantal kleiner klubs wat elke eerste Vrydag van die maand by die ontspanningsaal byeenkom vir praatjies, demonstrasies en om sommer net pret te hê. Eenmaal ‘n jaar word die dag dan gevier wanneer al die klubs byeenkom. Vanjaar is die seniors getrakteer met ‘n optrede deur die wêreldberoemde tenoor Pierre van der Westhuizen. Hy het die gehoor tussendeur vermaak met staaltjies oor sy reise na interessante plekke soos Rusland en Nashville in die VSA.
Die funksie is afgesluit met middagete en lekker kuier. Alle senior burgers is welkom om op die eerste Vrydag van elke maand by die groep aan te sluit.






Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



