Mad Hatters-teepartytjie by Klein Helderkruin
Inwoners met heerlike eetgoed en geskenke bederf.
Die Immergroen Seniorklub het onlangs die inwoners van Klein Helderkruin Aftree-oord met ‘n heerlike teepartytjie bederf.

Die tema was Mad Hatters en die inwoners het nie teleurgestel nie. Hulle hhet met hul mooiste en beste hoede opgedaag.

Annette Malan, ‘n komiteelid van Immergroen, het gesê, “Dit was ‘n groot plesierigheid vir die seniors en hulle het ook pragtige geskenke gekry nadat hulle ‘n gelukkige nommer getrek het. Die eetgoed was uit die boonste rakke, en ons wenner vir die dag was niemand anders as Liewe Heksie nie!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



