Immergroen Seniorklub beplan weer ‘n oupa- en oumadag
Alle seniors welkom om dit by te woon
Die Immergroen Seniorklub bied hul jaarlikse oupa- en oumadag op 4 Mei aan. Alle belangstellendes word genooi om dit by te woon.
Die funksie word by die Discovery Ontspanningsentrum op die hoek van Walkerlaan en Anstrutherstraat in Discovery gehou. Dit begin om 9.30vm vir 10vm.
“Verlede jaar se oupa- en oumadag was ‘n groot sukses, en hierdie jaar wil ons weer so maak. Daarom nooi ons alle belangstellendes in seniorgroepe, asook dié van kerke in ons omgewing, om dit by te woon,” het Annette Malan, een van Immergroen se komiteelede gesê.
Kaartjies beloop R30 per persoon en sluit ‘n heerlike ete, asook vermaak deur Kobus Oupsie Botes en verskeie ander kunstenaars in.
Vir meer inligting, of om kaartjies te bespreek, kontak Annette by 082 387 8431.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



