Bastion-rugbyspelers beloon
Rugbyspelers wys waartoe hulle in staat is
Hoërskool Bastion se rugbyspelers is onlangs vir hul harde werk beloon.
Na hul deelname aan die Krugersdorp High School se Best of the West-toernooi, waar die eerstespan al drie hul wedstryde gewen het, is verskeie van hulle deur die Sharks se talentsoekers genader. Daar is ook nege spelers gekies om as deel van ‘n uitnodigingspan in Italië te gaan toer.

Hier is ‘n paar van die ander hoogtepunte tot dusver in die seisoen:
• Die o.14’s het twee van hulle drie wedstryde by die KHS-toernooi gewen.
• Die o16’s het al drie hul wedstryde tydens die Brits-toernooi gewen, wat goeie voorbereiding vir die komende Goue Leeus Liga was.
• Die twee Barbarians-spanne (tweede spanne) het ook aan die Brits toernooi deelgeneem, en twee uit die drie wedstryde gewen. Dit is ‘n groot prestasie, aangesien hulle teen eerstespanne gespeel het.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



