Wes-Rand stoeiers in SA-oefengroep
Sestien stoeiers in oefengroep opgeneem
Die Wes-Rand Stoeigimnasium (WSG) het hul jaar op ‘n hoë noot afgeskop en kan reeds met heelwat uitstekende prestasies spog.
By hul heel eerste toernooi van die jaar het 24 van hul stoeiers deelgeneem en 15 medaljes verower. Juan Nel, WSG se hoofafrigter het trots gesê, “Ons het 11 goue-, drie silwer- en een bronsmedalje tydens die Oos-Gauteng Ope verower”.
Daar het ook 16 van hul stoeiers aan die Sentraal-Gauteng-proewe deelgeneem en almal is in die SA-oefengroep opgeneem.
“Ek is baie trots op elkeen van hierdie stoeiers, maar nou begin die harde werk eers. Elkeen van hulle sal baie hard moet oefen om bo uit te kom en uiteindelik ‘n Suid-Afrikaanse kampioen te word. Baie van ons o.9’s het ook vir die eerste keer gekwalifiseer vir deelname, en ons is baie opgewonde oor wat dit voorlê. Ek glo en vertrou dat elkeen van hierdie 16 stoeiers die vermoë het om in die onderskeie SA-spanne opgeneem te word, maar dan moet hulle eers hul kant bring,” het Juan Nel, die hoofafrigter by WSG het gesê.
Die volgende stoeiers is in die oefengroep opgeneem:
• Dewald Engelbrecht
• Ulrich Buys
• Rick van der Berg
• Jan-Zias van der Merwe
• Tylor Burkett
• Ruan Nel
• Zander Vorster
• Dylan van der Merwe
• Celine van Rheede van Oudtshoorn
• Daneil Blokdyk
• Tiaan classen
• Johan Heyns
• Quinton Saunders
• Leon van biljon
• Christo Brummer
• Juan Nel
Die stoeiers oefen elke Dinsdagaand ook saam met stoeiers van ander klubs in Sentraal-Gauteng en sal in April ‘n oefenkamp bywoon. Daarna sal dié gekies word wat aan die SA Presidente- en Meesterskampioenskappe gaan deelneem.
“Die stoeiers wat aan die SA Kadet-, SA Jeug- asook Noordvaal Presidentekampioenskappe wil deelneem, sal ook gedurende die jaar die kans kry om hulself by ‘n oefenkamp te bewys om vir deelname aan hierdie kompetisies te kwalifiseer,” het Juan gesê.
Hy het bygevoeg dat almal welkom is om te kom oefen. “Seuns en meisies van vyf jaar en ouer is welkom om by ons aan te sluit. Ons oefen Maandae en Woensdae van 6nm to 8nm. Voornemende stoeiers kan vir die eerste twee weke gratis by die Witpoortjie Ontspanningsentrum kom oefen om seker te maak dat hulle wel met die sport wil volhou,” het hy gesê.
Vir meer inligting oor die WSG, kontak Juan Nel by 083 411 3758 of Francois Buys by 082 853 5357, of besoek hul Facebook-blad by https://www.facebook.com/wesrandstoeigim/.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



