Bastion se eerstespan kry nuwe truie
Jarelange tradisie weer voortgesit
Hoërskool Bastion se eersterugbyspan het onlangs nuwe tuis- en wegtruie ontvang.
Volgens Wesley Pretorius, die skool se rugbydirekteur, is hulle baie dankbaar vir hierdie gebaar van hul borge, P&P Security en Steel Pipes for Africa Westrand. “Die tradisie van ‘n tuis- en wegrugbytrui is een wat ongelukkig al vir ‘n paar jaar nie meer bestaan het nie, en danksy ons borge kan ons nou weer hierdie trotse tradisie in ons skool terugbring. Dit is ook ‘n belegging wat hulle in die gemeenskap, en veral in ons kinders maak. En dit is vir ons lekker om te weet dat plaaslike besighede nog in ons skool glo.”
Die spelers sal voortaan al hul tuiswedstryde in die wit trui speel en vir wegwedstryde sal hulle in die blou trui pronk.
Corrie Vrey van Steel Pipes for Africa Westrand het bygevoeg, “Ek glo dat plaaslike besighede plaaslik moet belê”.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



