Florrie-atlete warm op tydens interhuis byeenkoms
Florrie se interhuis byeenkoms 'n groot sukses
Atlete vanaf Graad R tot 7 het aan Laerskool Florida se jaarlikse interhuisbyeenkoms deelgeneem en baie goeie prestasies behaal.
Die grootste presteerders op die dag was Wayde Stoffels (Graad R-sterretjie vir die seuns), Phoebe Cronjé (Graad R-sterretjie vir die meisies) en Trytane Parsons.

Trytane het in die o.13-ouderdomsgroep aan nege items – wat baan- en velditems ingesluit het – deelgeneem.
Hy het die volgende prestasies behaal:
• Hoogspring (eerste)
• 1 500m (eerste)
• Gewigstoot (eerste)
• 200m (eerste)
• 80m hekkies (eerste)
• Verspring (tweede)
• Spiesgooi (tweede)
• 100m (derde)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



