Hoërskool Florida het nie nét nuwe Graad 8-leerders verwelkom nie, maar ook drie nuwe onderwysers.
Die onderwysers wat hul onderwysloopbaan by dié skool begin het, is:
• Nicolene Deysel (Graad 8 en 9 Wiskunde)
• Marco Fick (Graad 9 Wiskunde)
• Mandi Janse van Rensburg (Graad 8 en 9 Wiskunde)
“Ons glo en vertrou dat die nuwe onnies sommer baie gou by Florries sal tuis voel en hul plekkie in die Florrie-familie vind,” het Morné Hanekom, die skool se bemarking- en skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



