Ons Huis se vrolike kaas-en-wynaand
Nat weer kon nie die vrolikheid keer nie
Dis was ‘n nat maar ‘n vrolike aand by Residentia Ons Huis toe hulle die tehuis se 50ste bestaansjaar verlede week gevier het.
Sowat 150 gaste het die geleentheid bygewoon. Kitaarspel deur Trevor Nasser en sang deur die alombekende Gert van Tonder het gesorg dat die reën niemand se geesdrif demp nie.

Die afgelope drie maande het daar baie verbouings en verbeterings by Ons Huis plaasgevind. Die sit/- eetkamer is vergroot en opgeknap, en sal ook voortaan dien as ‘n algemene bymekaarkomplek tydens funksies. Die huis vir inwoners wat aan Alzheimer se siekte ly, is verander en nuut gemaak, en bied nou gerieflike en intieme huisvesting vir die 12 inwoners.
Daar is ongeveer 80 inwoners in die tehuis, waarvan 50 verswak is. Daarby is daar woonstelfasiliteite vir 40 selfversorgende bejaardes.

Die Tehuis wil opnuut almal in die gemeenskap wat bydraes gelewer het en belangstellende getoon het, daarvoor bedank. Die versekering is gegee dat Ons Huis sal voortgaan om gehaltediens aan bejaardes te lewer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



