IN FOTOS: ‘Totsiens, engelkind.’
Familie en vriende se laaste huldeblyk aan Zanerique
Dit was ‘n hartseer dag vir die vriende en familie van die agtjarige Zanerique Toerien toe hulle by die Veranderde Lewens Kerk in Discovery van haar afskeid geneem het.
Haar begrafnis het vanoggend (24 November) plaasgevind, en die emosies onder die begrafnisgangers het hoog geloop. “Dit is vir ons ‘n baie hartseer dag, want dit is nie normaal vir ‘n ouer of grootouer om by hul kind of kleinkind se begrafnis te wees nie. Maar, ons weet dat Zanerique nou op ‘n beter plek is,” het dominee Pieter-Nel Klopper gesê.
Sien Video Hier:
Die diens was ‘n viering van Zanerique se kort lewe op aarde, en haar ma, Tersia Toerien, het gesê, “Al is dit vir ons bitter seer, is ons ook bly, want ons weet dat sy nou in die hemel is”.







Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



