Florries se Marlize stap weg met die titel
Marlize is as Miss Pre-Teen International gekroon
Die 15-jarige Marlize Mans is onlangs as die Miss Pre-Teen International gekroon, en het sodoende gekwalifiseer om aanstaande jaar Suid-Afrika in Hollywood, Los Angeles, te verteenwoordig.
Tydens die kompetisie, wat deur dr Ellen Roux van Beyond 200 aangebied word, word die deelnemers in die volgende kategorieë beoordeel:
• ‘n Onderhoud
• Swemdrag
• Aanddrag
Marlize was baie verbaas om die titel te wen, want sy het eers vanjaar ernstig begin modelwerk doen, nadat sy as klein dogtertjie ‘n student by Oxygen Models in Krugersdorp was. Marelize het modelwerk vir dans verruil en het selfs Suid-Afrika in Namibië verteenwoordig.

Sy is ‘n Graad 9-leerder by Hoërskool Florida en volg in die voetspore van Tayla Skye Robinson wat ‘n Mej SA-finalis was en tans aan die Miss International-kompetisie deelneem, asook Celine Swanepoel wat die Miss Teen-kroon in die seniorafdeling gedra het.
Verlede jaar het Theresa de Stoppelaar van Figures in Roodepoort haar genader om modelwerk te doen, en sy het ingestem. Sy het toe die 2016 Figures National Student Model-kompetisie in die Commercial-afdeling gewen.
Aan die begin van die jaar het sy by Vogue Catwalk Models aangesluit waar Valerie Begbie haar onder haar vlerk geneem het, en haar die fynere kunsies van skoonheidskompetisies geleer het.
Marelize het baie planne om by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke te raak en is ook gretig is om aan die werk te spring, maar dit sal moet wag tot na haar eindeksamen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



