Hories-krieketspelers is uitblinkers
Hories se krieketspelers presteer
Laerskool Horison het ‘n baie goeie krietseisoen agter die rug, en spog met 16 spelers wat in die onderskeie Johannesburg-Wes-spanne opgeneem is.
Al vyf die skool se krieketspanne het na die halfeindrondtes van die liga deurgedring, en die o.9-span het tot by die finaal gevorder.

Jayden Scholtz en Stefan Oberholzer het dié seisoen vir die Gauteng-Wes o.13-span gespeel, terwyl Henricus Meyer en Stafan Lottering (reserwe) tot die Gauteng-Wes o.11-span verkies is.
Die ander spelers wat tot Johannesburg-Wes-spanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe verkies is, is:
• Johannesburg-Wes o.9-span – Ignus Meyer, Ruben Janse van Rensburg en Owen Bezuidenhout
• Johannesburg-Wes o.13-span – Migail Nieman, Stefan Oberholzer, Jayden Scholtz, Regardt van der Riet en Warren Scott
• Johannesburg-Wes o.11-span – Dylan Potgieter, Stefan Löttering, Ethan Reineke, Henricus Meyer en Damian Hopkins
• Johannesburg-Wes o.12-span – Ryno Beekman, Divan Erasmus en Christian de Swardt
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



