Laerskool Roodekrans se jong krieketkannetjies het baie goed gedurende die afgelope krieketseisoen presteer.
Sewe spelers is tot die Johannesburg-Wes o.8-span verkies, wat uit 24 spelers bestaan.
Hein Minnaar, Liam Roets, Keegan van Schoor en Ruan Pienaar is tot die Valke-span verkies, terwyl Damian van der Merwe, John Butner en Keagan Dreyer tot die Arende-span verkies is.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



