Florries het groot pret op Zwartkops-renbaan
Florries neem Zwartkops renbaan op horings
Vyf leerders van Hoërskool Florida het baie pret tydens die finale rondte van die CO2 Dragster Challenge gehad, en het die Zwartkops-renbaan behoorlik op horings geneem.
Charl du Plessis, Riandé Janse van Rensburg, Marco Mynhardt, Dohan Steyn en Marnus Toerien het die ondervinding so beskryf, “Wat ‘n whoo!”.
Die doel van die uitdaging is om leerders die geleentheid te gee om hul begrip van wetenskap en tegnologie te demonstreer deur ‘n CO2-modelsleeprenmotor (dragster) te ontwerp. Die sleeprenmotors jaag dan teen mekaar resies om te bepaal watter renmotor aërodinamies die doeltreffendste is.
Marco se renmotor het die 20 meter-renbaan in ‘n ongelooflike 1,083 sekonde voltooi.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



