Kruiners se Voortrekkers kamp uit
Die kamp is een van die hoogtepunte van die laerskoolleerders se Voortrekkers-loopbaan.
Drie Graad 7-leerders van Laerskool Helderkruin se Renoster Voortrekkerspan – Zoë Labuschagné, Lenzo van Rooyen en Hansie Malherbe – het die Voorslagtoetskamp, wat in Hartbeesfontein plaasgevind het, bygewoon.
Die kamp is een van die hoogtepunte van die laerskoolleerders se Voortrekkers-loopbaan, en hulle is in 10 afdelings getoets, insluitend:
• Ek as Mens – Lewensloop, Herkoms, Groepsdruk, Ontwikkeling as leier
• Ek in my Omgewing – Kaarte, Metodes om rigting te bepaal, Kampering, Touwerk
• Ek as Voortrekker – Wapen, Vlag, Samestelling en Range
• Voortrekkerwees – Grondslag, Wese, Kode, Belofte
• Ek as Afrikaner /Landsburger – Afrikaner vandag, Afrikaner-eienskappe, Nasionale lied en vlag
Hulle kennis aangaande die lands- en Voortrekkergeskiedenis is ook in die volgende kategorieë getoets:
• Seremonies
• Sang en Spele
• Situasies
“Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Helderkruin se naam is oral gehoor, en ons het net komplimente gekry!” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte, gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



