Laerskool Helderkruin spog met nog twee leerders wat baie goeie prestasies op die gebied van kultuur behaal het.
Mia Kuun het aan die Talent Africa-kompetisie deelgeneem en met haar Hip-Hop Solo en Crew (Groep) items vir die 2018 Nasionale Talent Africa-kompetisie gekwalifiseer.

Stephan Frost (Graad 5) het ‘n diploma vir beeldhouwerk (sculpture) tydens die Nasionale Eisteddfod verwerf.
“Ons is baie trots op hierdie twee Kruiners wat ons skool se naam so hoog gehou het,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



