Roodies se nuwe hoofleiers
Hulle is gretig om hul nuwe verantwoordelikhede te aanvaar
“Ons is baie opgewonde om te sien hoe hierdie groep se leierskap die groeiende diversiteit van ons leerders gaan beïnvloed,” het Sandrie van Graan, Hoërskool Roodepoort se skakelbeampte, gesê.

Die skool het onlangs hul nuwe groep leiers asook hoofleiers vir 2018 aangewys. “Dit is ons eerste matriekgroep wat uit Afrikaans- en Engelssprekende leerders bestaan. Die leiers, asook die hoofleiers, is gedurende verskeie stemrondtes deur die leerders verkies,” het sy gesê.
Die hoofleiers is:
• Ryan Fell (Hoofseun)
• Keemetswe Sebogodi (Hoofdogter)
• Kay-Leigh Bronn en Angelique Rosslee (Onderhoofdogters)
• Ashleigh Kelly en Ndumiso Mazibuko (Onderhoofseuns)
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



