Die begin van die lenteseisoen het die beste in die leerders en onderwysers van Hoërskool Roodepoort na vore gebring tydens hul jaarlikse Lente Karnaval.

Die karnaval het met Roodies se eie weergawe van The Amazing Race – O²R² (Ongelooflike, Onvergeetlike, Roodie, Resies) – afgeskop en die deelnemers het groot pret gehad.

Gedurende die karnavalweek het almal aan verskeie pretaktiwiteite deelgeneem. “Daar was ‘n spesifieke dag waarop die onderwysers skoolklere moes aantrek en ‘n konsert vir die leerders hou. Daar was ook ‘n sportdag waartydens die leerders en die onderwysers mekaar die stryd aangesê het op die netbalbaan, rugby- en hokkieveld, asook ‘n entrepreneursdag en ‘n kultuurdag waarop die skool se koor en Revue-groep opgetree het. Die week is met ‘n heerlike Lentedans afgesluit,” het Sandrie van Graan, die skool skakelbeampte gesê.

O²R²/U²R²
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



