Gauteng-kleure vir Florrie-gimnas
Algehele eerste plek vir Mareli tydens kampioenskappe
‘n Graad 8-leerder van Hoërskool Florida het uitstekende prestasies in gimnastiek behaal.
Mareli Theart het tydens die Sentraal-Gauteng Vroue Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe in die Level 9-kategorie deelgeneem, en die volgende prestasies behaal:
• Gouemedalje vir spronge
• Silwermedalje vir brug
• Bronsmedalje vir balk
• Gouemedalje vir vloer
Sy is as die algehele wenner tydens hierdie kampioenskappe aangewys en het nie net medaljes verower nie, maar het ook haar Sentraal-Gauteng-kleure verwerf. Mareli het ook op 2 September aan die Gauteng Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



