Hoërskool Florida se skoolsaal was onlangs gevul met die mooiste melodieë wat die gehoor behoorlik bekoor het.
Die skool se simfonie-orkes het op 18 Augustus voor ‘n stampvol saal opgetree, en hul repertoire het werke van GF Handel, G Fershwin, J Hayden, Andrew Lloyd-Weber, WA Mozart asook G Bizet ingesluit.

Dié gemeenskapsorkes is vier jaar gelede gestig en word deur die dirigent, Tim Roberts gelei. Die orkes is onder die beskerming van die skool se musieksentrum.
Die aand is met ‘n klavier-concerto deur Daniel Cucukovic, ‘n oudleerder van die musieksentrum ingelui. Hy het ‘n briljante uitvoering van E Grieg se First Movement gelewer, en het ‘n staande ovasie ontvang.

“Groot dank aan die musici vir hierdie besondere optrede. Dit was voorwaar kos vir die siel,” het Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



