Jukskeispan eindig seisoen op hoë noot
o.16-span kwalifiseer vir deelname aan Direkteurstoernooi
Die o.16-jukskeispan van Hoërskool Bastion het hul seisoen op ‘n hoë noot afgesluit toe hulle as ligawenners aangewys is.
Die span bestaan uit Henru van den Berg, Nicky Zeevenster, Michael Lombard en Cameron Taylor. Dié span het ook gekwalifiseer vir deelname aan die Direkteurstoernooi, wat in Oktober plaasvind.
Hul afrigter, Ela Grobler, het gesê dat sy baie trots op dié seuns is. “Hulle het so hard geoefen tydens die seisoen en hierdie prestasies bewys dit. Ons sien baie uit na die toernooi in Oktober en ek glo dat dit nog ‘n suksesvolle byeenkoms sal wees,” het sy gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



