Dertien Roodies in Sentraal-Wes-span
Roodekrans spog met krieketsterre
Laerskool Roodekrans spog met 13 krieketspelers wat tot die Sentraal-Wes-krieketspan verkies is.
Die spelers is uit die o.10-, o.11- en o.12-spanne verkies en is soos volg:
• Dylan van der Merwe, Anrich Liebenberg, Darius Maritz, Divan Pieters, Andrew Sobiech en Stefan Nagel is almal tot die o.10-span verkies. Anrich is as dié span se kaptein aangewys.• Juan Minnaar, Emile Odendaal en Kian Snyman is tot die o.11-span verkies.• Bevan Martin, Tristan Mostert, Simeon Wolfardt en Hayden Muller is tot die 0.12-span verkies.

Theolene Pienaar, Roodies se skakelbeampte het gesê, “Ons is voorwaar trots op hierdie seuns!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



