Drie van Laerskool Roodekrans se leerders het tydens die onlangse Oppie Tong Af-redenaarskompetisie baie goeie prestasies behaal.
Mizanne Fourie (Graad 7), Jessy Bekker (Graad 5) en Lehan Kruger (Graad 6) het na die eindrondte van hierdie kompetisie deurgedring, wat op 11 en 12 Oktober by Laerskool Helderkruin plaasvind.
Hulle het in die volgende kategorieë deelgeneem:
• Mizanne – English Individual Prepared
• Lehan – Afrikaans Individueel Onvoorbereid asook Individueel Voorbereid
• Jessy – Afrikaans Individueel Voorbereid
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



