“Baie geluk aan hierdie leerders, ons hoop dat die nuwe aktiwiteit by die skool net sal groei,” het Monique Naudé, Hoërskool Bastion se skakelbeampte gesê.
Drie van die skool se leerders het onlangs aan die .22 Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en omdat skyfskiet ‘n relatief nuwe sportsoort by die skool is, het almal in die Ontwikkelingskategorie deelgeneem.

Hulle het die volgende prestasies behaal:
• Alexis Kruger (derde plek)
• Muzaan Bothma (tweede plek)
• Michael Berning het ‘n eerste plek behaal. Hy het ook aan die GSSU-liga vir liggeweer by Florida Skietklub deelgeneem waar hy ‘n tweede plek in die 3P- en 10M-kategorie behaal het. Hy het ‘n algehele tweede plek in die o.14-groep tydens dié kompetisie behaal, asook ‘n knopie ontvang omdat hy in albei kategorieë, die bereikte telling geskiet het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



