Hokkiebokkies skitter tydens toernooi
o.15's dring deur na kwarteindstryd by Noordvaal
Hoërskool Florida se 0.15-hokkiebokkies het hul skool se naam hoog gehou tydens die afgelope hokkieseisoen.
Hulle is as die liga- sowel as die streekwenners aangewys. Hulle het hul seisoen op nog ‘n hoë noot afgesluit toe hulle na die kwarteindstryd van die Noordvaal-toernooi deurgedring het.
Hul afrigter, Mari Janse van Rensburg het gesê dat sy baie trots op hierdie spelers is, en dat hul prestasies besonders is.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



