Editor's choiceNewsSchools

Die tonge is los by Jok-fees

"Daar word soveel moeite met die reëlings gedoen en dis duidelik dat die leerders hulle gate uit geniet."

Wat kry jy as jy cowboys, weermagmanne, zombies en narre in een vertrek loslaat?

Vra vir die leerders van Hoërskool Florida wat een van die lekkerste aande nog tydens hul jaarlikse Jok-fees (Jeug oor Kultuur) geniet het.

Chanellé van der Merwe, Bianca Mynhardt, Daniellé van der Merwe, Elindi Bezuidenhout, Chantelle-Marié Breytenbach en Liza-Mari Gildenhuys in hul uitrustings.

Maar om in groepe te sit en verskillende kostuums te dra was nie al wat die aand ‘n sukses gemaak het nie. Die leerders moes ook aan die Tongelos-kompetisie deelneem.

Dit het gesorg vir ‘n klomp jillende tieners wat hul bes probeer het om die name van verskillende flieks, bekende sepietemamusiek en liedjies te identifiseer.

Micheal Edwards. Foto’s: Roelien Vorster.

Skoolhoof Julius Katzke het gesê dis sy eerste Jok-fees – hy het vroeër vanjaar die pos as skoolhoof aanvaar – en hy is duidelik ingenome met fees. “Daar word soveel moeite met die reëlings gedoen en dis duidelik dat die leerders hulle gate uit geniet.”

Die narre was ook daar. Voor is Chanté Allen en agter is Bianca Allen en Erya Bergh.

Vir meer fotos, kliek hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button