Roodies spog met bobaas-spellers
Drie leerder kwalifiseer vir die Gauteng-finaal van die ATKV Spelathon
Drie van Laerskool Roodekrans se leerders het na die Gauteng-finaal van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging se Spelathon deurgedring.
Dié drie is onder dié wat uit die 300 leerders gekies is wat aan die streeksfinale deelgeneem het en nou die provinsiale finaal bereik het.
Laerskool Roodekrans sal vir die sesde agtereenvolgende jaar die gasheerskool vir die finale rondte wees wat op 13 September plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



