LettersOpinion

Niks is meer veilig nie

Steynberg de Kock van Mindalore skryf:

Ek wil kontant by ‘n OTM onttrek, maar die OTM sluk die kaart in.

Ek kontak dadelik die nommer vir verlore kaarte en die kaart word dadelik, nadat dit gesluk is, gekanselleer. Net toe ek klaar is met die oproep kry ek ‘n SMS van ‘n transaksie wat met my kaart by ‘n bekende handelaar gedoen is en my met omtrent niks geld los nie.

Ek verlaat toe die OTM en kontak weer die verlore kaart-afdeling en ‘n bedrogsaak word geopen. Ek vra onder andere hoe kan so iets gebeur. My kaart is iewers gebruik, maar wat van die PIN, en dit alles sonder die kaart. Ek, soos ander, hou my limiet laag vir as ek gedwing sou word om ‘n transaksie te doen.

Die persoon stel my in kennis dat die PIN, die kaart en die limiet net ‘n foefie is want die kuberkrakers het geen moeite om alles te omseil nie.

Die kaartstelsel is vir ons baie gerieflik maar met die nuwe tegnologie is dit maklik vir die kuberkrakers.

Die kaart en PIN word nie benodig nie. Dit wil vir my voorkom of net jou geboortedatum belangrik is. Ek gaan bank toe vir advies en kry die nuus dat die geld op jou kaart glad nie gewaarborg is nie.

Geen kaartstelsel is meer veilig nie. Met ‘n gesukkel kry ek na 14 werksdae weer die kaartbedrog-afdeling in die hande en ek vra hoekom hulle so lank neem. Ek kry toe die nuus dat kaartbedrog die afgelope paar weke verdriedubbel het en dat hulle nie kan voorbly met die ondersoeke nie.

Ons almal gebruik ‘n bankkaart. Daar is niemand wat daarsonder kan klaarkom nie. Dit lyk vir my ons kaartgebruikers het groot moeilikheid op hande.

Of was dit alles net ‘n fout was ingetree het? Indien wel, hoe?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button