Bastion se hokkiebokkies skitter
Twee hokkiespelers in Suid-Gautengspan opgeneem
Twee van Hoërskool Bastion se hokkiespelers is in die Suid-Gautengse hokkiespan opgeneem.
Zoë van der Plank en Raquelle Pretorius is beide in die D-span wat gedurende die Julie-skoolvakansie aan die toernooi in Pietermaritzburg gaan deelneem.
“Ons is baie trots op hierdie twee spelers en wens hulle alle sterkte toe vir die toernooi wat voorlê,” het Annie de Wit, die skool se hokkie-organiseerder gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



