Krieketafrigter in Gauteng-Wes-span opgeneem
Bastion-afrigter presteer
Jean Fourie, die krieketorganiseerder by Hoërskool Bastion is onlangs vir die Gauteng-Wes-krieketspan gekies wat aan ‘n interprovinsiale kriekettoernooi gaan deelneem.
Hy is die eerstespan se afrigter en is ook vir die afgelope vier jaar die provinsiale afrigter vir die o.16A Gautengspan.
Gert Koekemoer, die skoolhoof het gesê, “Ons is baie trots om iemand van Jean se kaliber by ons skool betrokke te hê. Ons glo dat hy die vermoë het om Bastion se krieket van krag tot krag te laat gaan.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



