
Ek is bly dat die booswigte gevang is wat hekmotors steel.
Ons hekmotor is verlede maand gesteel. Ons het dit die volgende dag vervang maar dit is twee dae later weer gesteel. Die versekering het die eerste keer uitbetaal maar nie die tweede keer nie, gevolglik het ons versterkings aan die hek aangebring en die koste daarvan was R6 800.
Twee weke gelede het twee mans gedurende die dag ‘n hekmotor in Dunstraat, Florida Park probeer steel. Bure het die booswigte gesien waarna hulle in ‘n blou VW Golf sonder nommerplate weggery het.
Dit maak mens woedend as jy hard moet werk vir jou geld en onnodige onkostes moet aangaan om jouself te beveilig. Ek gebruik ‘n rolstoel en kan gevolglik nie die swaar hek oop- en toestoot wanneer ek alleen is nie.
Ek hoop almal wat by die diefstal betrokke is, is gevang. Plaas asseblief hulle foto’s in die Roodepoort Record sodat almal kan sien hoe die diewe lyk.
ReDie dakteur skryf: Ons mag nie hulle foto’s plaas voordat hulle in die hof gepleit het of skuldig bevind is nie.



