Twee dansers van Hoërskool Bastion het onlangs aan die World Dance Masters-kompetisie in Kroasië deelgeneem.
Liandri, ‘n dansonderwyser by die skool, en haar suster Janika (Graad 11) was deel van die Suid-Afrikaanse dansspan wat ‘n algehele tweede plek tydens die kampioenskappe behaal het.
“Baie geluk aan hierdie twee dansers, ons is trots op julle,” het Monique Naudé, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



