Editor's choiceNewsSchools

Roodie-redenaars laat die tonge klap

Vier leerders dring deur na tweede rondte

Vier Laerskool Roodekrans-leerders het die tonge tydens die eerste rondte van die jaarlikse Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie laat klap.

Redenaars van verskeie skooldistrikte het aan die kompetisie deelgeneem. Die standaard van die toesprake was baie hoog en die kompetisie straf.

Agtien Roodie-redenaars het deelgeneem, waarvan vier na die tweede rondte (provinsiale vlak) deurgedring het.

Hulle is Jenna Cronjé (Graad 3), Lechanté Coetzee (Graad 5), Jesse Bekker (Graad 5) en Marianka van den Berg (Graad 7).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button