Roodies betrokke by reuse skaakstryd
Algehele tweede plek vir Laerskool Roodekrans se skaakspan
Ses leerders van Laerskool Roodekrans het hul skool se naam tydens ‘n onlangse skaaktoernooi hoog gehou.
Die jaarlikse toernooi, Die stryd van die Skaakreuse, is by Laerskool Horison aangebied en Roodies se beste skaakspelers het ook die geleentheid gekry om hul vernuf ten toon te stel.
Die Roodie-span het uit Jovan Botes, Aiden Beukman, Karl Black, Sebastian Piek, Regardt O’Callaghan en Leanne O Callaghan bestaan en hulle moes elke oomblik konsentreer om hul opponente te probeer uitoorlê. Die span was ‘n kortkop agter Laerskool Muldersdrift, en het die toernooi met ‘n gesamentlike tweede plek afgesluit.
Leanne en Regardt het al hul wedstryde op bord vyf en ses gewen, en is met ‘n bordprys beloon.
“Hierdie ses leerders maak ons voorwaar trots om te kan sê ons is Roodies. Baie geluk en baie dankie aan almal, ons sien uit na volgende jaar se toernooi,” het Theolene Pienaar, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



