Twee Graad 11-leerders van Hoërskool Florida het onlangs aan die proewe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) deelgeneem en uitstekend gevaar.
Daniël Klopper en Jena Kilian is albei lede van die Florida Skietklub (FSK) en is tot die Suid-Afrikaanse skolespan verkies wat in Julie in Colorado Springs in die VSA gaan deelneem.

Die span, wat uit drie presisie-, drie pistool-, 12 sporter- en drie veerskuts bestaan, gaan aan verskeie kompetisies by die Olimpiese Skietsentrum deelneem. Annerien Snyman, wat die afrigter by FSK is, is weer as die SA Skolespan se afrigter aangewys.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



