Editor's choiceLocal newsNews

Hardloop die Comrades vir ‘n goeie doel

Atlete kan kilometer vir kilometer geld vir Bybels insamel

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika daag alle atlete uit om deel te neem aan die Hardloop vir Bybels-projek tydens die 2017 Comrades Marathon wat op 4 Junie plaasvind.

So, trek jou hardloopskoene aan, stel jou stophorlosie en spring weg, want elke kilometer is geld werd. Maar, as dié wedloop nou nie eintlik jou mikpunt is nie, kan jy steeds help deur aan die Two Oceans-, Loskopdam-, Suikerbosrand- en Nedbank City-marathon deelneem.

Hoe werk dit? Atlete word deur vriende, familie, kollegas of gemeentelede geborg, en vir elke kilometer wat hulle voltooi, word geld vir die Bybelgenootskap ingesamel. Borgvorms sal slegs aan atlete beskikbaar gestel word nadat die registrasievorm vir die wedloop by die Bybelgenootskap ingedien is.

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word, sal vir verskeie van die Bybelgenootskap se projekte aangewend word. Die doel van hierdie projek is om – onder andere – Bybels aan arm mense beskikbaar te stel stel, asook vir die vertaling van die Bybel regoor Suid-Afrika en die Afrika-kontinent.

Die geld sal ook gebruik word vir die vertaling van die Engelse Bybel vir Dowes, die verspreiding daarvan onder gevangenes, Graad 7-leerders in agtergeblewe gebiede en aan mense in die buurlande.

Vir meer inligting oor hierdie projek, kontak Marina Stebbing by 011 970 4010 of stuur ‘n e-pos na stebbing@biblesociety.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button