Editor's choiceLocal newsNews

Baasspeurder Byleveld ernstig siek in hospitaal

Anonieme familielid sê 'dit gaan glad nie goed nie'.

‘n Voormalige bekende speurder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Piet Byleveld is na bewering in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal in Roodepoort.

Byleveld, 67 wat in Ruimsig woon, is blykbaar Vrydag met kanker gediagnoseer. Volgens sy dokter, dr Jannie Kriel – wat die familie se toestemming het om met die pers te praat – is die kanker in ‘n gevorderde stadium en ervaar sy pasiënt geweldige fisieke en emosionele pyn.

Byleveld het in 2010 na 38 jaar uit die polisie se diens getree en sy eie forensiese ondersoekagentskap gestig, wat hy verlede jaar gesluit het. Hy het gedurende sy loopbaan aan ‘n verskeidenheid hoëprofiel-sake gewerk, onder meer die ontvoering van en moord op Leigh Matthews, asook die saak van die reeksmoordenaar Cedric Maake.

‘n Familielid van Byleveld het aan die Record gesê dat hulle nog nie die skoknuus verwerk het nie en gevolglik nie gereed is om met die pers te praat nie. Daar is wel gesê dat Byleveld moreel goed ondersteun word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button